Blog
Een-en-Twintigste week in Koninkrykstyd
Een-en-Twintigste week in Koninkrykstyd
Date: 2019-11-03
2 Tessaloisense 1:1-4, 11-12
Die gemeente in Tessalonika beleef vervolging en lyding.
Paulus is dankbaar om nietemin te hoor hulle geloof en
liefde “neem toe” (die word wat hier gebruik word, is
skaars en kan “supergroei” beteken. Hy bemoedig die
gemeente om te volhard op grond van God se
regverdigheid en betoubaarheid. Paulus bid dat God die
gemeente waardig sal maak vir dié lewe waartoe Hy hulle
geroep het, dat Hy hulle liefde vir die goeie en werk van
die geloof volkome sal maak. Lyding is nie toevallig of
verniet nie. Dit gee ook hoop. Ons kan op God vertrou.