Blog

Twee-en-Twintigste week in Koninkrykstyd

Twee-en-Twintigste week in Koninkrykstyd

Date: 2019-11-10

2 Tessalonisense 2:1-5, 13-17

Moenie dat mense julle oor die dag van die Here mislei nie (v3) Wees standvastig(v15) Die dag sal nie kom voor die laaste afvalligheid gekom het nie(v3) 2 Tessalonisense is ’n uitdagende boek. Selfs Augustinus bely in sy City of God, hy verstaan nie waaroor 2 Tess. 2 handel nie Daar is ’n inherente vreemdheid aan veral hierdie perikoop. Paulus skryf aan ‘n gemeente wat hy gestig het, maar waaruit hy in die nag moes vlug(Hand 17:10) Die brief wil moontlik klaring gee oor teologiese begrippe in die eerste brief-grootliks die interpretasie van die dag van die Here en die ksatologiese implikasies en verstaan daarvan.