Blog

Drie-en-Twintigste week in Koninkrykstyd

Drie-en-Twintigste week in Koninkrykstyd

Author: Tessalonisense
Date: 2019-11-17

2 Tessalonisense 3:6-13

Daar was gelowiges in Tessalonika wat nie gewerk het nie

en skaamteloos ander se brood geëet het. Vir Paulus was

dit onvaanvaarbaar. Paulus en sy medewerkers se

voorbeeld en getuienis pas by hul woord. Hulle het hulsef

ordelik gedra (die teenoorgestelde van “leeglê”), hoewel

dit nie van apostels verwag is nie. Hulle het vasgestelde

pligte gehad. Paulus het volgens menings sy tentmakery

hier bedryf om geld in te win. Jode was boonop van die

oortuiging dat die enigste werk wat “edel” en die moeite

werd is, “geestelike” werk is. Sekulêre werk is as minder

belangrik geag.