Blog

2de Week in Lydenstyd

2de Week in Lydenstyd

Author: Genesis
Date: 2020-03-08

Genesis 12: 1-4a

Abram(later Abraham) se roeping is ’n langtermynprojek met die verlossing van die ganse mensdom in die oog. God begin met Abram(en sy nageslag) ’n proses van vernuwing en herstel wat tot die verlossing van die mensdom en sy wêreld lei. Die voorafgaande hoofstukke(Gen. 1-11) beskryf die prehistoriese gebeure. Die Skeppergod het alles mooi en goed gemaak, maar die mensdom rebelleer herhaaldelik teen God. Dit vertel van God wat die rebellie teenwerk met sy genade, wat herstel en nuwe kanse bied. Ie tema van geod. En kwaad figurer prominent in Genesis 1 –1.