Blog

3de Week in Lydenstyd

3de Week in Lydenstyd

Date: 2020-03-13

Eksodus 17: 1-7

Die Israeliete kom pas uit die Sinaiwoestyn, waar hulle honger geword en gekla het, maar waar God vir hulle mana

voorsien het. Hier ontmoet ons nou die dors Israeliete, wat weer aan die kla is. Hierdie keer oor water; hulle kla terwyl

hulle weet en goed kan onthou dat God so pas vir hulle voorsien het. Moses kla dan ook by God. God se reaksie op

hierdie klagtes is bloot om, genadig en getrou aan Homself, nie te reageer op die mense se kleingelowigheid nie,

maar op hulle basiese behoefte.