Blog

4de Week in Lydenstyd

4de Week in Lydenstyd

Date: 2020-03-22

1 Samuel 16: 1-13

Dawid se salwing as koning van Israel gebeur op ’n kritieke

moment in die groter verhaal: In die voorafgaande

hoofstukke word beskryf hoe Saul gefaal en die Here hom

as koning van Israel verwerp het. Nou volg die vertelling

van hoe Dawid koning geword het. Die salwing deur die

profeet Samuel dien as teken dat Dawid inderdaad God se

keuse is—en dat God nie noodwendig kies soos mense

tipies sou nie.