Blog

5de Week in Lydenstyd

5de Week in Lydenstyd

Date: 2020-03-29

Esegiël 37 : 1-14

Esegiël praat met die volk wat in ballingskap en wanhoop verkeer. ‘n Mens kan dink hy praat oor geraamtes op ’n slagveld; dit is immers oorlog en ballingskap– totdat jy agterkom die dooie bene is die lewende volk wat alle moed verloor het en gedink het hulle is afgesny van God af, vêr van sy teenwoordigheid. God bring deur die profeet Esegiël die hoop dat sy ruach(wind, gees, asem) hulle weer sal leer hoop op Hom wat lewe bring. Die woorde dra die boodskap oor dat slegs God hoop kan bring in wanhoop en verlatenheid.