Blog

Sewende week in Paastyd

Sewende week in Paastyd

Date: 2020-05-24

1 Petrus 4 : 12-14; 5 : 6-11

Die eerste lesers van hierdie brief het beproewing, slegte behandeling en lyding ervaar (1:6-7; 2:18-20; 3:13-17; 4:1-4, 12-19; 5:10) Petrus moedig hulle aan met ’n visioen van die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat nie sal verdwyn nie(1:4) Hy roep hulle op om heilig te leef (1:15; 2:9) Hy hou die vooruitsig van die toekomstige beloning aan hulle voor (1:8) Hy moedig hulle aan om vas te staan in hulle geloof te midde van teëspoed en swaarkry. “Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees, sodat julle kan bid. Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes” (4:7-8)