Blog

Pinksterfees

Pinksterfees

Date: 2020-05-31

Johannes 20 : 19-23

Jesus wys die dissipels dat Hy die Here is.

Deur sy letsels vir hulle te wys, wys Hy vir hulle dat Hy dieselfde Here is wat ook gekruisig is.

Dit blyk dat die Dissipels die ware aard van Jesus se identiteit besef. Hierna stuur Jesus die dissipels uit om sy Verlossingsboodskap te verkondig.

Jesus rus die dissipels toe vir hulle sending wanneer Hy in vers 22 vir hulle sê: “Ontvang die Heilige Gees!” Geleerdes noem dié gebeure in Johannes Pinkster in die

kleine.

Jesus verduidelik dat hulle aan alle mense die goeie nuus omtrent Hom moet gaan verkondig: Alle mense se sonde is rééds vergewe.