Blog

Eerste week in Koninkrykstyd

Eerste week in Koninkrykstyd

Date: 2020-06-07

Genesis 1 : 1-2:4A

Hierdie week se teks gaan ten diepste oor identiteit, verhouding en verantwoordelikheid: Wie is God?

Hoe lyk God se verhouding met en verantwoordelikheid teenoor sy skepping. Wie is die mens? In watter sort verhouding staan die mens teenoor God? Hoe antwoord ons, as deel van die skepping, ons Skepper? Waarom is ons hier?

In watter verhouding behoort ons met mekaar en met die skepping te staan? Wat is ons veranwoordelikheid daarin?