Blog

Tweede week in Koninkrykstyd

Tweede week in Koninkrykstyd

Date: 2020-06-14

Mattheus 9:35-10:8

Jesus se bediening het die verkondiging van die evangelie, die gesond maak van mense en die uitdryf van onrein geeste behels. Hy was diep bewus van die groot nood van die menigtes en Hy het hulle “innig jammer gekry”. Sy omgee en jammer kry word die bron waaruit Jesus se bediening voortvloei en Hy mense uitstuur. Hy gee mag aan sy dissipels om sy bediening voort te sit en te doen wat Hy gedoen het.

Hy stuur hulle ook met voorskrifte en raad die omgewing in.