Blog

Derde week in Koninkrykstyd

Derde week in Koninkrykstyd

Date: 2020-06-21

Mattheus 10:24-39

Volgens Matteus 10:5 en 11:1 maak die week se fokusteks deel uit van die opdragte waarmee Jesus sy dissipels uitstuur. Die belangrike temas is dat die dissipels voorbereid moet wees om soos Jesus deur mense ontvang te word: dat hulle nie deur vrees vir mense verhinder moet word om die boodskap wat hulle ontvang het, oor te dra nie; dat Jesus sy getroue dissipels sal eer; dat die keuse vir Jesus dikwels teenoor ander(baie moeilike) keuses sal staan, en dat, om ‘n dissipel van Jesus te wees, ten diepste beteken om Jesus op sy kruisweg te volg.