Blog

Vierde week in Koninkrykstyd

Vierde week in Koninkrykstyd

Date: 2020-06-28

Mattheus 10 : 40-42

Dit is die afsluiting van Jesus se “groot sendingpreek” in Matteus 10—dit val op dat die leef en doen nie onmiddelik en dadelik gebeur nie. Die preek eindig met wat Jesus as opdragte verwoord; daarna word die twaalf “apostels” (10:2) nou weer dissipels genome. Tussen die reëls deur is die belangrike punt dat die doen hiervan nie onmiddelik gebeur nie. Enersyds is hierdie preek nog nie klaar nie, want Jesus se eie sending is nog nie klaar nie. Andersyds is hierdie “begin” ’n relatiewe begin, want selfs daarin gaan God ons voor.