Blog

Vyfde week in Koninkrykstyd

Vyfde week in Koninkrykstyd

Date: 2020-07-05

Matt. 11 : 16-19, 25-30

In vers 16-19 oordeel Jesus die gesindheid van sy geslag. Tussen Johannes, wat die mense vermaan (huil) het en Jesus, wat God se liefde en genade (dans) kom verkondig het, bly hulle ontevrede. Vers 25-30 handel oor mense wat “slim en geleerd” (hoogmoedig) is en “eenvoudiges”, wat nederig en ontvanklik is vir die Woord.

God nooi eenvoudiges om sy sagte juk en sy ligte las te leer ken, teenoor die blote onderhouding van die wet, wat ’n swaar las en verwagting op mense geplaas het.