Blog

Sesde week in Koninkrykstyd

Sesde week in Koninkrykstyd

Date: 2020-07-12

Romeine 8 : 1-11

In Romeine 1-7 beskryf Paulus die hopelose toestand van die mensdom, naamlik dat ons ons in ’n doodloopstraat bevind, met die logiese vraag aan die einde van die eerste sewe hoofstukke: Wie sal ons van hierdie doodsbestaan verlos? Hoofstuk 8 antwoord op dié vraag, met vers 11 die hoogtepunt van die antwoord: “Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.”