Blog

Sewende week in Koninkrykstyd

Sewende week in Koninkrykstyd

Date: 2020-07-19

Romeine 8 : 12-15

Die Romeinebrief as geheel bevat ’n deeglike uiteensetting van hoe Paulus die evangelie van Jesus Christus verstaan.

Die brief is vooruit gestuur voordat Paulus self die stad sou besoek(wat hy nooit as vry man kon doen nie.) In die groter argument waarin hy oor verlossing en genade skryf, is die hooffokus in hoofstuk 8 die transformerende rol van die Heilige Gees in ons lewe en die uitnodiging om deur die Gees te leef, die Gees wat dit vir ons moontlik maak om God “Abba” te noem.