Blog

Agste week in Koninkrykstyd

Agste week in Koninkrykstyd

Date: 2020-07-19

Romeine 8 : 26-39

Romeine 8: 26 –39 vorm die klimaks van Romeine 8: 1 –39, selfs van Romeine 5: 1-8: 39, waarin Paulus skryf hy hoop met sekerheid God sal sy verlossingsplan in Christus voltooi. Nadat hy in Romeine 8: 18-25 die skepping ingesluit het, kom sy fokus terug na die gelowiges. Ons kan nou reeds beleef dat die Heilige Gees in en deur ons bid en dat God op wonderlike wyse alles laat meewerk om sy verlossingsplan vir ons deur te voer tot die eindbestemming: verheerliking. Paulus sing ten slotte sy oorwinningslied, waarin hy as’t ware alle teenstand uitdaag. So seker weet hy ons word veilig in God se liefde bewaar.