Blog

Veertiende week in Koninkrykstyd

Veertiende week in Koninkrykstyd

Date: 2020-09-06

Matteus 18 : 15-20

Matteus 18 word in twee dele verdeel. Die eerste bestaan uit drie perikope (v 1-5, 6-9, 10-14) met voorskrifte vir optrede teenoor die kinders of die geringes in die kon-inkryk. Die tweede deel (v 15-20, 21-35) fokus op die hantering van ’n medegelowige in die geloofsgemeenskap wat teen ‘n ander oortree het. Schnackerburg meen Matteus 18 : 15-35 gaan oor twee dinge: (a) reghelp van medegelowiges , eerder as haat en wraak; en (b) herhaalde vergifnis. Reghelp van medegelowiges word ook van die Israeliete gevra (Lev. 19: 17-18). Christelike gemeenskappe behels ‘n bykomende motief: Jesus roep sy volgelinge op tot versoening en vergifnis.