Blog
Vyftiende week in Koninkrykstyd
Vyftiende week in Koninkrykstyd
Date: 2020-09-13
Matteus 18 : 15-20
Matteus 18 word in twee dele verdeel.
Die eerste bestaan uit drie perikope(v 1-5, 6-9, 10-14) met voorskrifte vir optredeteenoor die kinders of die geringes in die koninkryk.
Die tweede deel (v 15-20, 21-35) fokus op die hantering van ’n medegelowige in die geloofsgemeenskap wat teen ‘n ander oortree het.
Schnackerburg meen Matteus 18 : 15-35 gaan oor twee dinge: (a) reghelp van medegelowiges , eerder as haat en wraak; en (b) herhaalde vergifnis.
Reghelp van medegelowiges word ook van die Israeliete gevra (Lev. 19: 17-18). Christelike gemeenskappe behels ‘n bykomende motief: Jesus roep sy volgelinge op tot versoening en vergifnis.