Blog

Sestiende week in Koninkrykstyd

Sestiende week in Koninkrykstyd

Date: 2020-09-20

Eksodus 16 : 2 - 15

Na die uittog uit Egipte volg Israel se woestyntyd. In dié tyd is hulle enersyds steeds die gevangenes van ’n slawementaliteit (wat duidelik blyk in Eks 16 : 2) en moet hulle daarvan bevry word.

Andersyds is dit ’n tyd waarin hulle geleer word om van die Here afhanklik te wees en op Hòm te vertrou.

Die mannaverhaal is ’n belangrike deel van hierdie bevrydings– en leerproses: Die Here sal voorsien!