Blog

Negentiende week in Koninkrykstyd

Negentiende week in Koninkrykstyd

Date: 2020-10-11

Eksodus 32 : 1 -14

Eksodus 32 vertel hoe Moses vir die volk “verdwyn” het. Hy is in die Ou Testament ’n middelaarsfiguur, ’n ussenganger tussen God en sy volk. Moses maak as’t ware God se stem vir die volk hoorbaar . Vandat hy die berg opgegaan het, is hy egter afwesig. Sy plek is leeg, sy stem is stil. Om sonder ’n leier alleen gelaat te wees in die woestyn, is ’n ernstige saak. Die woestynstilte begin algaande om die volk te versmoor. In die wildernis, in die woestyn is daar nie ‘n woord wat vir ‘n mens die pad kan wys nie, nie ’n betekenisvolle klank wat vir jou koers kan aanwys nie.