Blog

Een-en-Twintigste week in Koninkrykstyd

Een-en-Twintigste week in Koninkrykstyd

Date: 2020-11-01

1 Tessalonisense 2 : 1 - 8

In die fokusteks lees ons dat Paulus dit nodig vind om die kollig te laat val op die motiewe agter sy verkondiging van goeie nuus, die integriteit waarmee hy as apostel(gestuurde) die evangelie aan die mense in Tessalonika bedien het en die oorgawe waarmee hy ook sy eie menswees met hulle gedeel het—

die egtheid van sy liefde vir hulle.