Blog

Vier en-Twintigste week in Koninkrykstyd

Vier en-Twintigste week in Koninkrykstyd

Date: 2020-11-15

Rigters 4 : 1-7

Hierdie verhaal kombineer twee “verlossers”, Debora en Barak. As profeet reageer Debora op wat God haar meedeel en begin die proses van bevryding. Die tema van verval en sonde word vanaf Rigters 2 : 8—19 herhaal: “Wanneer die Here vir hulle leiers na vore laat kom het, was Hy by die leiers en so het Hy die volk gered uit die mag van hulle vyande...Maar na die leier se dood het hulle nog erger as hulle voorvaders gehandel en ander gode aangehang en gedien en aanbid. Hulle het nie hulle verkeerde dade en hulle hardkoppigheid laat vaar nie”