Blog

Vyf en-Twintigste week in Koninkrykstyd

Vyf en-Twintigste week in Koninkrykstyd

Date: 2020-11-22

Psalm 100

Sodra ’n mens Psalm 100 begin lees, ervaar jy hoe die woorde op die bladsy in jubelsange uitbars om die Here te eer! Ons kan amper al die jubelklanke hoor. Die Psalm nooi ons uit om in God se teenwoordigheid te kom.

Dalk herinner dit ons daaraan om bewus te wees van God se teen-woordigheid, aangesien ons altyd in sy teenwoordigheid leef. Ons kan beslis op verskillende manière bewus word daarvan dat ons in God se

teenwoordigheid is.