Blog

Tweede week in Advent

Tweede week in Advent

Date: 2020-12-06

Jesaja 40 : 1-11

Die volk Juda is in ballingskap in Babilonië. Die tempel, God se woonplek, is vernietig en Jerusalem se mure is platgeslaan. Hier waar hulle vêr van die huis af is, is hulle vasgevang in angs en hulle wroeg oor die vraag of God hulle nog kan of wil red. Binne hierdie situasie kom God se woorde van troos(letterlik: Troos, troos my volk!) en word ’n scenario geskets waar God hulle sag en deernis sal terugneem huis toe op ’n pad deur Hom voorberei.