Blog

Derde week in Advent

Derde week in Advent

Date: 2020-12-13

Jesaja 61 : 1-4, 8-11

Die fokusteks kom voor in die laaste bundel (Jes. 56-66) van die Jesaja-profesieë, wat kort nà die terugkeer uit ballingskap in Jerusalem afspeel. Trito-Jesaja bring ’n belofte van hoop te midde van ’n baie depressiewe tyd– omstandighede waarbinne teruggekeerde ballinge ontnugter is en moed wou opgee met die herstel van Jerusalem en die herbou van die tempel. Jesaja 62 behoort in tandem met Jesaja 61 gelees te word.